Robot help verlamde man met 'onmoontlike' klimtog

2011-07-06 14:31
Tweets Share Share line Print

Hiromasa Hara van die Tsukuba-universiteit dra Seiji Uchida teen die steil trappe van Mont-Saint-Michel in Frankryk uit. (Kenzo Tribouillard, AFP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Parys – ‘n Robotuitrusting wat die draer bomenslike krag gee het ‘n student in staat gestel om ‘n verlamde Japanse man teen die steil trappe van Mont-Saint-Michel uit te dra.

Seiji Uchida (49) het gesê dit was sy droom om die middeleeuse trappe van Mont-Saint-Michel in Frankryk te sien, maar ‘n motorfietsongeluk in sy 20's het hom verlam.

Sy droom het egter waar geword toe Hiromasa Hara van die Tsukuba-universiteit die Hybrid Assistive Limb gebruik het – ‘n meganiese uitrusting wat hom die bomenslike krag gegee het om Uchida die bult uit te dra.

Japanse navorsers het die robotuitrusting ontwerp.

Dit pas oor die draer se hele liggaam en lees breinseine en volg dan die draer se spierbewegings om te help met die vrag.

Hara kon tot 200 kg op sy rug dra.

“Dit was my droom om hierheen te kom,” het Uchida gesê. “Die berg is uiters ontoeganklik vir mense in rolstoele,” het hy bygevoeg.

Sy vrou en vier kinders het saam met hom na Frankryk gereis.

“Ek wil my kinders wys 'n mens kan ten spyte van struikelblokke enigiets aanpak,” het Uchida gesê.

– Kyk hier na 'n video van Uchida se droom wat waar word.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lees meer oor: robotte  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... As jou onderste helfte Aus en NZ is... dan verseker. Wat weet die klomp nou van sulke dinge af? Daardie skottel gaan stuk stuk nog opgesny word vir skrootyster. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.