Rivier "deur aarde ingesluk"
2009-11-16 20:26
Bogotá, Colombia – Die Listara rivier in noordoos Colombia het skielik in ‘n geologiese fout verdwyn, het amptenare in die dorp San Andres gesê.
Die bergrivier is “deur die aarde ingesluk” in ‘n landelike gebied sowat 800m van San Andres, ‘n dorpie in Santander provinsie met 9 000 mense, het amptenare Sondagaand aan die Colombiaanse radiostasie RCN gesê.
Kenners van die hoofstad Bogotá is ingeroep om die verskynsel te ondersoek en om vas te stel of die fout ‘n bedreiging vir die dorp is.
Sapa-dpa