Reuse-ysberg naby Australië
2009-12-09 21:04
Sydney –’n Monster van ’n ysberg wat byna twee keer die grootte van die eiland Hong Kong is, is besig om in die rigting van Australië te dryf.
Wetenskaplikes beskou dit egter as ’n eenmalige voorval.
Neal Young, ’n Australiese gletserkundige het die reuse-ysberg, wat 19km lank is en sowat 17000km suid van die land aangetref is, op ’n satelliet-beeldmateriaal uitgewys.
Young het gesê die ysberg is na raming 140 km2 groot. Die eiland van Hong Kong se oppervlakte is 80km2 groot.
Die gletserkundige het gesê die ysberg het sowat 10 jaar terug van Antarktika af weggebreek.
Hy het gesê ’n baie groot ysberg sal sowat 400km2 groot wees, maar sal metteryd in kleiner dele opbreek.
Young beskryf die ysberg as ongewoon, maar hulle kan volgens hom baie meer algemeen voorkom weens aardverhitting.
- Sapa-AFP