Reuse-luislang in Florida gevang
2011-10-30 13:31
Everglades Nasionale Park – Amptenare in die Florida Everglades het 4,88 meter lange Birmaanse luislang, wat pas ‘n volwasse takbok geëet het, gevang en doodgemaak.
Werkers het die slang glo Donderdag gevind, het Scott Hardin, koördineerder van die vis-en-wildlewe-kommissie, gesê.
Die reptiel was een van die grootstes wat nog in Suid-Florida gevind is.
Volgens Hardin het die slang kort voordat hy gevang is ‘n takbok van 34,47 kg geëet. Hy het bygevoeg dat dit belangrik was dat die slang gevang is om te voorkom dat hierdie luislange verder noord versprei.
– Volg Nus24 op Twitter
- AP