Reuse-krokodil wil nie eet nie
2011-09-09 18:03
Manilla – Die 6.1 meter krokodil wat in die Fillipyne
gevang is en waarskynlik die grootste krokodil in aanhouding is, wil nie eet
nie.
Sedert die krokodil ses dae gelede in ‘n
rivier in die suide van die Fillipyne gevang is, wou die dier nog niks eet wat hom
aangebied is nie.
Ronnie Sumiller, die wildbeampte wat die
jagtog op “Lolong” gelei het, sê dat hulle hom fyn dophou vir tekens van stres.
Hy sê egter dit is normaal vir krokodille om
gestres te wees ná hulle gevang en deur mense hanteer is.
Selfs in hul natuurlike habitat, eet
krokodille nie elke dag nie en ‘n krokodil die grootte van Lolong, kan tot ses
maande sonder kos oorleef.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP