Rekord-grootte baba in Texas gebore
2011-07-12 23:27
Texas – ‘n Vrou van Texas het 'n hospitaal onkant
gevang toe sy geboorte geskenk het aan ‘n baba wat 7.2 kg weeg, berig Sky News.
Die babaseuntjie, JaMichael, is in Longview,
Texas, gebore.
“Ons is verstom,” het sy ma, Janet Johnson,
gesê.
“Ek kan nie glo hoe groot hy is nie.”
Die hospitaal het ook hul hande vol gehad om
vir dié bielie van ‘n baba te sorg.
Daar was nog nooit so ‘n groot pasgebore baba
in die kraameenheid nie en geen van die doeke wat hulle daar gehad het, het
JaMichael gepas nie.
Sy ouers het ook gesê dat hulle die meeste van
die klere wat hulle reeds vir hule seuntjie aangeskaf het, sal moet terugvat.
Die seuntjie se ongewone gewig is veroorsaak
deur ‘n tipe diabetes wat sy ma tydens haar swangerskap ontwikkel het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.