Regisseur maak 'n film met sy i-Phone
2011-01-10 21:00
Seoul – ‘n Bekroonde Suid-Koreaanse regisseur het ‘n film gemaak deur slegs sy iPhone te gebruik.
Park Chan, wat bekend geword het vir films soos Old Boy, Lady Vengeance en Thirst, sê sy nuutste fliek, Paranmanjang, is totaal en al met ‘n Apple Smartphone verfilm.
Die woord ‘Paranmanjang’ beskryf ‘n lewe wat somtyds goed en somtyds sleg is en gaan oor ‘n man wat die uitdagings van sy huidige, sowel as sy vorige lewens, oorkom.
Park sê dat dié nuwe tegnologie interessante resultate tot gevolg gehad het.
Hy het die film, wat 30 minute lank is, saam met sy broer, Park Chan-kyong, wat ook ‘n regisseur is, gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP