Rampe kan SA oorweldig, sê kenner

2011-11-23 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Suid-Afrika het nie genoeg hulpbronne om die rampe wat die land tref te beredder nie.

Vroeër was die neiging dat rampe net drie provinsies getref het, maar dit is nie meer die geval nie, het Mbuso Mthembu van die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-vereniging (SARKV) in ’n gesprek oor klimaatsverandering in Pretoria gesê.

Volgens hom het Mpumalanga die kleinste kans om onder ’n ramp deur te loop.

“Vanjaar het ons nog net op die een ramp ná die ander gereageer. Daar is vloede en tornado’s. Ons het nie genoeg hulpbronne om by alles uit te kom nie.”

Volgens Mthembu is 339 huise op Komatipoort die naweek in ’n tornado verwoes. Daarby het ’n tornado verlede maand 558 huise in Duduza aan die Oos-Rand beskadig of vernietig.

Hy het gesê dit is weens die verandering in weerpatrone dat die een ramp ná die ander dele van Suid-Afrika tref.

“As dié neiging voortduur, wat gaan ons doen? Ons het nie die vermoë om die probleme op te los nie.”

Verteenwoordigers van die SARKV, die Internasionale Rooi Kruis-federasie (IRKF) en die Internasionale Organisasie vir Migrasie was dit eens dat samewerking tussen die regering, burgerlike organisasies en gemeen- skappe kortkom.

“Die regering wil nie die verantwoordelikheid aanvaar vir die leiding van rampbestuur nie,” het Mthembu gesê.

“In die meeste lande is die kantoor vir rampbestuur in die president se kantoor sodat besluite vinnig geneem kan word.

“In Suid-Afrika is die kantore vir rampbestuur oral in departemente versprei en die een weet nie wat die ander een doen nie,” het hy bygevoeg.

“Die regering moet die rigting aanwys. Hy moet sê dit is hoe ons gaan optree wanneer ’n ramp ons tref.

“Daarby moet inligting aan gemeenskappe gegee word oor die risiko’s vir rampe.

“Hulle moet die risiko’s verstaan en die gemeenskappe moet gelei word sodat hulle weet wat om te doen as hulle deur ’n ramp getref word.”“Hoe meer dit reën, hoe meer rampe gaan ons tref.”

“In Suid-Afrika word die weer warmer, daar is ’n toename in die intensiteit van die reën en ’n afname in die hoeveelheid reëndae. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: natuurrampe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... As jou onderste helfte Aus en NZ is... dan verseker. Wat weet die klomp nou van sulke dinge af? Daardie skottel gaan stuk stuk nog opgesny word vir skrootyster. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Almera 1.6 Comfort MY01
2003
R 69,990.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

FORD

Bantam 1600 PU MY92
2007
R 79,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.