Ramp by myn ontduik
2010-08-05 20:49
Johannesburg – Die Grootvlei myn naby Springs is besig om gereedskap te herstel wat hul kapasiteit om water te pomp sal verdubbel.
“Die pompe sal hopelik teen Vrydag teen maksimum kapasiteit werk,” het Louis Lamsley, hoofbestuurder van die myn, gesê.
Die pyp kolomme by die watersuiweringsplant is intussen weer reggemaak en Eskom het ingestem om die nodige krag te verskaf sodat die water uitgepomp kan word.
“’n Vyfde en sesde kolom sal ook oopgemaak word, wat ons in staat sal stel om nog meer water uit te pomp.”
Indien die toksiese water nié dadelik uitgepomp word nie, sal dit die Witwatersrand vloed en katastrofiese gevolge vir die omgewing, mense en diere inhou.
- SAPA