Radiotoerusting help SA boere beskerm
2011-06-13 22:58
Kaapstad - Twee boereverenigings van Limpopo en die Noord-Kaap het onlangs radiotoerusting ontvang om veiligheid in dié provinsies op te skerp.
Luidens ’n verklaring het die Agri Securitas Trustfonds geld beskikbaar gestel vir die oprigting van ’n radio-kommunikasienetwerk wat die beveiliging van sowat 720 boere en 6 500 plaaswerkers in die gebied ’n hupstoot sal gee.
Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds, het gesê die landelike beveiligingsplan vir die Lephalale-gebied maak voorsiening vir ’n landelike veiligheidsforum waarvolgens ’n gesamentlike krisisbeheersentrum en operasionele sentrum op die been gebring is.
Die forum se werksaamhede ondersteun die polisie in dié omgewing se werksaamhede. Die nuwe kommunikasienetwerk sal die gemeenskap in staat stel om vinnig te reageer op noodoproepe wat verband hou met plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal en selfs renosterstropery. Die gebied is ongeveer 19 000 km² groot.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad