R25 miljard vir groen ekonomie
2011-04-12 22:08
Johannesburg – Suid-Afrika wil R25 miljard belê in ‘n plan om
hernubare energie en die groen ekonomie ‘n hupstoot te gee, het Ebrahim Patel
gesê.
“Ons glo dat 300 000 nuwe poste teen 2020 in
die groen ekonomie geskep kan word,” het Patel, minister van ekonomiese
ontwikkeling, aan wetmakers gesê.
Die VN se klimaatsamesprekings sal aan die
einde van die jaar in Suid-Afrika gehou word.
Intussen wil Suid-Afrika oor 20 jaar dubbeld
soveel energie opwek, waarvan 42% hernubare bronne sal gebruik.
“Dit sal ‘n merkwaardige mark vir privaat
beleggers skep,” het Patel gesê.
“Ter ondersteuning hiervan sal die IDC (Industrial
Development Corporation) R25 miljard oor die volgende vyf jaar vir groen
ekonomiese projekte beskikbaar maak.”
Volg Nuus24 op Twitter.