R2 miljoen opsygesit vir rooibos-navorsing
2012-01-25 10:15
Johannesburg – Suid-Afrikaanse navorsers gaan R2 miljoen spandeer aan navorsing om die kalmerende, siekte-voorkomende en gewigsverlies-eienskappe van rooibostee te bewys, het The Star Woensdag berig.
Die navorsing, wat vanjaar gedoen word, sal ook ondermeer die anti-verouderings en kankervoorkomende komponente van die tee insluit.
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad het 'n begroting vir die navorsing opsygesit.
Mense "glo al lank" dat 'n koppie rooibostee jou laat ontspan en help om stres beter te beheer.
Die navorsingspan van die departement biochemie aan die Universiteit van Stellenbosch het bevind dat die tee komponente bevat wat stres en angs verminder.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA