Qantas vermaak met tabletrekenaars
2011-09-15 12:20
Melbourne – Passasiers op vlugte van Qantas sal die eerste wees om vermaak op ‘n tabletrekenaar te geniet, het dié Australiese lugredery bekendgemaak.
Qantas sal aan die einde van Oktober die nuwe vermaakstelsel op die Boeiing 767-300 se plaaslike roetes toets.
Die lugredery het nog nie bevestig watter vervaardiger se tabletrekenaar hulle verkies nie.
Q Streaming sal ook later in die toetsperiode op passasiers se eie tabletrekenaars beskikbaar wees, het Qantas gesê.
“Ons is trots om die eerste lugredery ter wêreld te wees om die draadlose stroomdiens te toets,” het Alison Webster, Qantas se kliëntebestuurder, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP