Protokol vir bek-en-klouseer dalk verlig
2011-05-11 23:08
Kaapstad - Navorsing toon die venstertydperk vir die oordrag van bek-en-klouseer kan korter wees as wat aanvanklik verwag is, wat protokol rondom die bestryding van die siekte kan verlig.
Luidens ’n berig op die webwerf ScienceDaily is die venstertydperk amper die helfte korter as wat aanvanklik vasgestel is.
“Die bevinding stel voor dat omstrede bestrydingsmaatreëls om die verspreiding van die virus te keer, soos om ’n groot aantal diere dood te maak, verlig kan word,” lui die berig.
“Die studie wys dat dít wat ons oor bek-en-klouseer geweet het nie heeltemal waar is nie,” het Mark Woolhouse van die Universiteit van Edinburg, mede-skrywer van die studie, gesê.
“Wat ons dus dink ons weet van menslike griep en ander oordraagbare patogene kan dalk ook nie heeltemal akkuraat wees nie.”
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad