Probleemdiere: Voorstelle krap Forum om
2010-12-24 13:01
Kaapstad - Die Probleemdierbestuursforum (PMF) het kapsie gemaak teen die voorstelle wat vervat word in die dokument “Norme en Standaarde vir die Bestuur van Skadeveroorsakende Diere” wat teen einde verlede jaar vir kommentaar aan belangegroepe voorgelê is.
Petrus de Wet, voorsitter van die forum, het gesê die PMF is nie gelukkig met die konsultasieproses wat gevolg is nie.
“Dit wil lyk asof die PMF (wat die rooivleis-, wol-, sybokhaar- en wildbedryf met sowat 60 000 lede verteenwoordig en jaarliks sowat R13 miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra) se herhaalde versoeke geïgnoreer is om die proses te beëindig," het de Wet gesê.
Lees verder.
- Landbou.com