Pous tweet vir die eerste keer
2011-06-28 22:57
Vatikaanse Stad – Pous Benedict XVI het in sy eerste twiet ooit die bekendstelling van ‘n nuuswebwerf vir die Vatikaan aangekondig.
“Liewe vriende,” het die pous getweet, “ek het sopas News.va geloods. Prys ons Here Jesus Christus! Al my seëninge en goeie gebede, Benedictus XVI.”
Benedictus XVI het die webwerf self in werking gestel deur op 'n iPad se skerm te tik, het Thaddeur Jones, koördineerder van die projek en 'n lid van die Pontifical Council For Social Communications, gesê.
‘n Paar oomblikke later het die pous sy eerste tweet uitgestuur.
Die pous is daarna op ‘n virtuele toer van die webwerf geneem en was blykbaar hoogs ingenome daarmee.
“Dit is ‘n belangrike oomblik – dit huldig ‘n nuwe era van kommunikasie in,” het Jones gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.