Pous se ID-dokument vir duisende verkoop
2011-06-21 21:16
Rome – ‘n Stukkie van die Vatikaan se geskiedenis is
op e-Bay verkoop in die vorm van Pous Johannes Paulus I se ID-dokument toe hy nog
as Albino Luciani bekend gestaan het.
Die dokument is in 1976 uitgereik toe hy nog
kardinaal van Wene was.
Dit het vir oor die R50 000 op e-Bay verkoop.
Die geld sal blykbaar vir welwillendheid
gebruik word, het die Il Gazzettino-koerant berig.
Johannes Paulus I se bewind as pous van die Rooms
Katolieke Kerk was besonder kort.
Hy is skaars ‘n maand nadat hy pous geword het
oorlede.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP