Pous nou op Facebook en YouTube
2011-03-15 22:24
Rome – Die Vatikaan het ‘n Facebook-blad, sowel as ‘n YouTube-profiel, vir Pous Johannes Paulus II geskep.
Pous Johannes Paulus II se saligmaking vind die 1ste
Mei plaas.
Die doel van ‘n aanlyn-teenwoordigheid vir
Pous Johannes Paulus II, is om “soveel as moontlik blootstelling” aan die saligmaking
te bied, het die Vatikaan in ‘n verklaring gesê.
Daar bestaan reeds ander webblaaie wat aan dié
pous opgedra is, maar hulle word deur “privaat individue” geadministreer en nie
deur die Rooms-Katolieke Kerk nie.
Op YouTube sal aanhangers van die pous na beeldmateriaal kan kyk wat geneem is tydens die 26 jaar waarin Johannes Paulus II as pous gedien het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA