Skok toe kinderprogram met porno vervang word
2011-10-18 11:31
New York – 'n Televisieprogram vir kinders, Sesame Street, is weer op YouTube te sien na kuberkrakers die heilsame inhoud met pornografie vervang het.
YouTube het die program se kanaal Sondag uitgevee na die kuberkrakers Ernie, Big Bird en Cookie Monster met die gewaagde materiaal vervang het.
“Sesame Street Nuwe Inhoud Spesiaal vir Kinders!”
Só het die YouTube-gebruiker Mr EdWxwx die skurwe materiaal beskryf.
“Ons vra om verskoning oor die ongerief,” het Sesame Street op sy kanaal geskryf.
“Ons kanaal het in gedrang gekom, maar ons het sedertdien ons inhoud weer opgelaai.”
Die eerste video wat weer opgelaai is, is ‘n video wat kinders leer hoe om hul man te staan teen boelies.
Die gebruiker Mr EdWxwx het egter op sy kanaal geskryf hy het nie Sesame Street se kanaal gekraak nie.
“Ek is ‘n eerlike YouTuber en ek werk hard om video’s oor rekenaarspeletjies te maak en ek respekteer die riglyne van die YouTube-gemeenskap.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP