Porno-grootkoppe dagvaar oortreders
2009-08-13 09:57
Seoel – Pornografiese regisseurs in die buiteland dagvaar internetgebruikers in Suid-Korea weens die oortreding van kopiereg deur hul inhoud op plaaslike webwerwe te plaas.
‘n Prokureursfirma wat 50 Amerikaanse en Japanese pornografie-regisseurs in dié bisarre saak verteenwoordig, het ‘n klag teen sowat 10 000 oortreders ingedien.
‘n Saak is terselfdetyd deur tien polisiestasies in Seoel en Gyeonggi gemaak, het ‘n Nasionale polisie-woordvoerder gesê wat geweier het om enige verdere inligting weer te gee.
‘n Polisiebeampte het gesê oorsese pornogafie-regisseurs het vir ‘n polisie-ondersoek gevra. Die oortreding van kopiereg word as ernstig in Suid-Korea beskou en oortreders staar tronkstraf in die gesig.
"Die polisie sal die saak ondersoek om te sien of wetsoortreding wel toegepas is,” het die beampte aan AFP vertel.
Sommige van dié webwerf-eienaars verdien sowat $24 170 (R324 845) per maand deur ander gebruikers wat op dié gekopieërde inhoud inhoud kliek.
- Sapa