Playboy bring 57 jaar van naaktheid aanlyn
2011-05-23 13:42
New York - Die tyd van soek na droommeisies in ou, gebuigde en gevoude uitgawes van Playboy is verby.
Die manstydskrif is besig om elke enkele blad vanaf die
eerste uitgawe, waarop Marilyn Monroe in Desember 1953 gepronk het, aanlyn te
laai.
Playboy Enterprises het gesê gebruikers sal die intekendiens,
genaam iPlayboy, kan gebruik om enige blad, artikel of foto in enige van hul
vorige uitgawes te soek en op te roep.
Meer as 130 000 bladsye van artikels, fiksie en naakfoto’s
is bekyk en toe opgelaai en is glo gereed vir kyk op tabletrekenaars soos Apple se
iPad, het ‘n verklaring deur die tydskrif gelui.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.