Pikkewyne vrek glo weens hongersnood
2010-07-22 10:43
Sao Paulo – Honderde pikkewyne wat skynbaar van die honger gevrek het, spoel steeds op strande in Brasilië uit, terwyl wetenskaplikes probeer bepaal wat fout is.
Sowat 500 pikkewyne het die afgelope tien dae uitgespoel.
Die pikkewyne trek noord van Argentinië, Chili en die Falkland-eilande op soek na kos in warmer water.
Die voëls, waarop nadoodse ondersoeke gedoen is, se mae was almal leeg, wat toon dat hulle van honger gevrek het, het Thiago do Nascimento, bioloog by ’n akwarium in Peruibe in die staat Sao Paulo, gesê.
Wetenskaplikes ondersoek of sterk seestrome en kouer water die spesies wat die pikkewyne se dieet uitmaak, weggehou het, en of mense dalk ’n rol gespeel het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP