Pikkewyne, dooie seediere spoel uit
2010-07-20 20:02
Sao Paulo – Honderde dooie pikkewyne en ander seediere het aan die kus van Sao Paulo uitgespoel.
Die instituut van omgewings- en natuurlike hulpbronne het gesê altesaam 530 pikkewyne, seevoëls, vyf dolfyne en drie groot seeskilpaaie is langs die kus gevind.
Bioloë aan die Universiteit van Sao Paulo en ‘n wildnavorser is besig om die oorsaak van die diere se sterftes te bepaal, het die instituut gesê.
Owerhede het glo die moontlikheid van besoedeling verwerp en gesê ondersoeke dui daarop dat hongersnood dalk ‘n rol kon gespeel het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP