Piepklein jellievis dood amper matroos

2010-01-11 14:21
Tweets Share Share line Print

Sydney - 'n Matroos is onverwags deur 'n dodelike jellievis gebrand terwyl hy van 'n vragskip af visgevang het.

Australiese amptenare het Maandag bekendgemaak dat die klein irukandji jellievis die man getref het terwyl die vragskip in die see noord van Australië gevaar het.

Die sentrale Queensland helikopter-reddingsdiens sê hulle is nie seker of die man die jellievis, wat die grootte van 'n klein vingernael is, ingekatrol het, en of dit met 'n fratsgolf op hom gespat het nie.

"Daar het water in sy gesig gespat, maar ek weet nie of dit in dié water was nie," het 'n woordvoerder van die reddingsdiens gesê. "Dit kon iets gewees het wat hy ingekatrol het."

Die man, wat 'n uur lange vlug van die Queensland kuslyn af was, was ongeveer 25 meter bo die watervlak toe hy deur die giftige seedier gebrand is.

"Realisties gesproke, wat is die kans om deur 'n jellievis gebrand te word terwyl jy veilig aan boord 'n vragskip, 25 meter bo die water is? Dit is regtig ongelooflik," het Geoff Abrahams, 'n bemanningslid van die reddingspoging, gesê.

Daar is geen teengif teen die irukandji se brand nie, en 'n slagoffer mag dalk nie onmiddelik die pyn voel voordat hy of sy simptome begin wys nie.

Die matroos het egter oorleef, en is in 'n stabiele toestand in die hospitaal.

Die simptome sluit spierpyn, naarheid, 'n vinnige toename in bloeddruk en soms selfs hartversaking in.

–Sapa-AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: queensland  |  kan jy glo?  |  australië

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... As jou onderste helfte Aus en NZ is... dan verseker. Wat weet die klomp nou van sulke dinge af? Daardie skottel gaan stuk stuk nog opgesny word vir skrootyster. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Almera 1.6 Comfort MY01
2003
R 69,990.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

FORD

Bantam 1600 PU MY92
2007
R 79,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.