Peta kry eie pornoblad
2011-08-24 11:29
New York – Die diereregte-organisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) beplan om sy eie pornografiese webtuiste aanlyn te bring.
Die webblad sal onder 'n .xxx-adres verskyn en sal genoeg pornografiese materiaal bevat om as ‘n pornografiese webblad geklassifiseer te word, maar Peta dring aan die blad sal gebruik word om sy boodskap oor diereregte oor te dra.
Ashley Byrne, ‘n woordvoerder vir Peta, het gesê inligting oor hoe “diere vir vermaak ly” sal saam met die stoute foto’s op die blad verskyn.
Kritici meen egter die gebruik van prikkelende pornografiese materiaal saam met dié van dieremishandeling kan verkeerd verstaan word.
Chenda Ngak van CBS News het gesê die webblad neem die verkeerde stappe.
“Bloed, wrede dade en pornografie saam is uiters pervers,” het sy gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.