Peiling: Tegnologie veroorsaak werkstres
2011-12-02 09:49
Londen – Britse kantoorbestuurders wens selfone en ander moderne toestelle was nooit ontwikkel nie, want dit lei tot verhoogde stresvlakke, het ‘n studie bevind.
‘n Peiling van die Britse Institute of Leadership & Management het 1 300 werknemers ondervra en bevind omtrent die helfte sit langer ure by die werk in terwyl 51% meer stres ervaar.
Twee derdes het gesê hulle werklading is veel swaarder as tien jaar gelede en dit laat sowat ‘n derde van die werknemers ongelukkig in hul werke.
“Oor die afgelope tien jaar het die werkplek baie uitdagings vir bestuurders opgelewer,” het Peter Cheese, die voorsitter van die instituut, gesê. “Draagbare tegnologie sit druk op ‘n mens om vinnig te antwoord en langer ure te werk en dit verhoog stresvlakke.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.