Paul die Seekat gaan digitaal
2010-07-15 15:44
New York – Paul die Seekat, wat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi beroemd geword het vir sy akkurate sokkervoorspellings, is binnekort op jou i-Phone.
‘n Brasiliaanse sagtewaremaatskappy het dié gewilde karakter gebruik en ‘n program ontwikkel wat mens ‘help’ om besluite te neem.
As jy nie kan besluit of jy wil gaan fliek of eerder teater toe gaan nie, of as jy nie kan besluit tussen pizza of sushi nie, sal Paul die besluit vir jou neem.
Al wat jy hoef te doen is om die moontlikhede in te tik en ‘n digitale Paul sal op die ‘regte’ besluit gaan sit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA