Pasop vir nuwe Facebook-slenter
2011-04-04 20:00
Washington – Facebook-gebruikers moet op hulle pasoppens
wees vir ‘n nuwe slenter wat via Facebook Chat versprei, berig Huffington Post.
Die gebruiker sal ‘n boodskap met ‘n skakel
daarby van een van hulle vriende ontvang wat sê “hey, i just made a photoshop
of you”.
As mens die skakel volg, vra dit jou om ‘n
sekere program te installeer wat toegang verlang na al jou Facebook-inligting.
Sodra jy “Allow” kliek, word jy na ‘n webblad
geneem waar mense se gesigte met photoshop op diere se lywe geplak is.
Die slenter word intussen via Chat na al jou
Facebook vriende gestuur.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.