Pasop vir dié nuwe Facebook-slenter
2011-07-11 12:17
New York – Facebook en Skype het verlede week koppe bymekaar gesit om Facebook-vriende in staat te stel om mekaar met video-oproepe uit die werk te hou – maar internetboewe staan klaar gereed om die opgewondenheid oor dié nuwe funksie te gebruik om aan al jou vriende varkpos te stuur.
'n Nuwe slenter op Facebook nooi gebruikers om 'n "video-oproepfunksie" te probeer, en stuur dan varkpos na vriende.
‘n Boodskap wat lui "Enable video calls" word op die gebruiker se profiel geskryf.
Moet liefs nie op dié skakel kliek nie, waarsku die internet-sekerheidsgroep Naked Security.
Die regte manier om Facebook se Video-oproepfunksie aan te skakel is om hier ‘n uitbreiding af te laai en dan die Chat-venster oop te maak om ‘n paar verstellings te maak.
Die funksie werk op die oomblik egter slegs vir ‘n paar gebruikers. Die res sal moet wag terwyl die sosiale netwerk finale verstellings aan dié nuwe diens maak.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.