Pasop vir Facebook-virus
2010-03-18 14:41
Kaapstad – Kuberkrakers het die internet oorval met strooipos wat ‘n virus dra en spesifiek gemik is op Facebook se 400 miljoen gebruikers, berig Times Live.
Die virus is ontwerp om jou bankbesonderhede en wagwoorde, sowel as ander sensitiewe inligting, te steel.
Gebruikers word versoek om hulle Facebook-wagwoorde te verander deur op ‘n aanhegsel te kliek.
Sodra die aanhegsel oopgemaak word, laai dit verskeie soorte kwaadwillige programme af, het McAfee, ’n sekuriteitstegnologie-firma, gewaarsku.
Kliek hier vir die volledige storie.