Paddas se gevaarlike pad na liefde
2011-04-05 20:43
‘n Groep in Philadelphia gaan uit hul pad uit
om ‘n klomp migrerende paddas op hitte te beskerm deur ‘n sekere pad tussen
hulle en die dam waar hulle graag paar, te sluit.
Dis die derde jaar in ‘n ry dat die
vrywilligers Port Royal Avenue in die Roxborough, ‘n voorstad van Philadelphia,
vir karre afsper.
Die paddas paar in die dam, maar moet eers die
Port Royal Avenue oorsteek voor hulle daar uitkom.
Lisa Levinson, hoof van Toad Detour, sê hulle
vra motoriste in ander dele van die voorstad om ook asseblief versigtig te ry
die tyd van die jaar.
Honderde paddas kan deur slegs een kar
platgetrap word, sê sy.
Volg Nuus24 op Twitter.