Padda so groot soos ertjie ontdek
2010-08-28 05:50
Kuala Lumpur - Wetenskaplikes het 'n padda so groot soos 'n ertjie op die Suidoos-Asiese eiland van Borneo ontdek.
Dit is die kleinste padda wat in Asië, Afrika of Europa gevind is.
Volwasse mans van die nuwe mikrospesie-reeks wissel vanaf 10,6 mm en 12 mm in grootte en word die Microhyla nepenthicola genoem.
Die padda is na die plant waarop dit leef vernoem, berig die tydskrif Zootaxa.
- Reuters