Paartjie trou oor Skype
2011-03-08 12:00
Kalifornië – ‘n Paartjie van Kalifornië wie se trouplanne amper in die wiele gery is toe ‘n longinfeksie die bruidegom in ‘n isolasiesaal van ‘n hospitaal laat beland het, is oor die naweek via Skype getroud.
Samuel Kim en Helen Oh, beide 27, het vriende en familie gehad wat van so ver as Korea en New York gereis het vir hul troue, wat Saterdag in Fullerton, Kalifornië, sou plaasvind.
Nietemin, toe Kim verlede week begin het om bloed op te gooi, was hy eers te bang om vir sy bruid te sê, het hy aan Reuters gesê.
Toe hy haar wel later die week ingelig het, het die paartjie koppe bymekaar gesit en besluit om via ‘n web-video-konferensie in die eg te tree.
“Gaste het gesê dit was inspirerend, hulle het regtig my verloofde bewonder dat sy voor die preekstoel kon staan op die manier wat sy het, alleen, en sy het nie die heeltyd gehuil nie,” het Kim uit sy bed in UCI Mediese Sentrum in Orange gesê.
Lees hier meer
Volg Nuus24 op Twitter