Oxford spog met Zoeloe-Engelse woordeboek
2010-09-07 09:43
Londen - Oxford uitgewers het onlangs ‘n nuwe Zoeloe-Engelse woordeboek bekendgestel.
Volgens Lieze Kotz, besturende direkteur van die maatskappy, is dit noodsaaklik dat leerlinge toegang het tot ander tale.
Zoeloes is glo die grootste etniese groep in Suid-Afrika en dié taal is die gewildste huistaal in die land, al word Engels meer gebruik wanneer dit by besigheid of politiek kom.
Volgens Oxford neem meer as 2,8 miljoen leerlinge Zoeloe as ‘n taalvak in skool.
Die woordeboek gaan glo onderwysers sowel as leerlinge op hoogte hou van die veranderinge van die taal.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.