Ouers woedend oor rekenaarspeletjie
2010-01-26 19:57
Kaapstad – Britse ouers is hoogs onsteld danksy 'n nuwe web-foefie, wat jong meisies aanmoedig om virtuele karakters te skep en hulle kinders te laat aanneem as mode-bykomstighede.
Die webwerf, bekend as My Minx, is in Desember geskep en het reeds 20 000 geregistreerde gebruikers, sommige so jonk as sewe jaar oud.
Deelnemers word aangemoedig om gewaagde uitrustings vir hul karakters te koop, in klubs te kuier en te drink en ook vreemdelinge huis toe te neem.
Die karakters kry na afloop van só 'n aand uit kondome of ander voorbehoedmiddels as pryse.
Lees meer by die Daily Mail