Ouers wat kinders verloor, sterf vroeër
2011-09-08 17:52
New York – Ouers wat ‘n baba tydens die eerste lewensjaar aan die dood afstaan, is meer geneig om vroeër te sterf, het navorsers onlangs bevind.
Alhoewel navorsers sterk glo 'n mens kan aan ‘n “gebreekte hart” sterf as ‘n eggenoot oorlede is, is min navorsing oor ouers wat kinders verloor tot dusver onderneem.
Die navorsers van die nuwe studie het bevind ouers wat hul jong kinders aan die dood afgestaan het, is twee tot vier keer meer geneig om vroeg te sterf of om hul eggenoot binne die eerste 10 jaar van die kind se dood te verloor, in vergelyking met ander ouers.
Hul bevindinge het gegeld vir ouers wie se kind doodgebore is of in die eerste lewensjaar gesterf het.
Die navorsers van die Universiteit van New York en die Universiteit van Stirling het gesê hul bevindinge is ‘n bron van “groot kommer”.
“Ouers wie van hul kinders ontneem is, is meer geneig om selfmoord te pleeg, in vergelyking met ander ouers,” het hulle gesê.
Die navorsing is in die joernaal BMJ Supportive and Palliative Care gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.