Ouers moet kinders omkoop om te lees
2010-11-03 18:15
Londen - Amper 50% van Engelse ouers moet hul kinders omkoop om te lees - met televisie, rekenaars en lekkers as die vernaamste middels.
Volgens 'n peiling van meer as 'n 1000 volwassenes in Brittanje glo ouers sowel as onderwysers dat toenemende toegang tot tegnologie daartoe lei dat kinders minder lees omdat jonges glo boeke vervelig vind.
Die bevindinge van die navorsing, wat deur die opvoedkundige uitgewer Pearson van stapel gestuur is, het getoon dat ses in elke 10 ouers en meer as agt in elke 10 onderwysers glo dat kinders meer waarskynlik op die rekenaar sal rondspeel as om 'n boek op te tel.
Meer as die helfte van ouers het gesê hulle is bekommerd dat digitale media lees vervang, met drie uit elke vier wat glo dit is moeiliker vir kinders om tyd te bestee om te leer lees vanweë al die ander elemente om hulle wat jongmense se aandag aftrek.
Volg Nuus24 op Twitter.