Oudste bier ooit in skeepswrak ontdek
2010-09-07 12:22
Helsinki – Duikers het moontlik die wêreld se oudste drinkbare bier in ‘n 200 jaar oue skeepswrak ontdek.
Dié wrak lê in die Baltiese see tussen Finland en Swede.
Volgens die woordvoerder van die plaaslike regering, Rainer Juslin, is ten minste drie bottles bier gevind.
Dié bier is Woensdag ontdek toe een van die bottels tydens 'n herwinningsoperasie gebreek het.
Die temperatuur en ligvlakke van die water het ‘n positiewe rol in die bewaring van dié bier gespeel. Weens die druk in die bottles kon seewater nie insypel nie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.