‘Ou boot’ in Waterfront gevind

2012-02-09 09:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die oorblyfsels van ’n skip of ’n boot, vermoedelik uit vervloë dae, is Woensdag hier in die V&A Waterfront deur konstruksiewerkers gevind.

Ou kanonkoeëls is ook gevind.

Dit is nog onbekend hoe oud dit is en of enige ander artefakte behoue gebly het.

Die bestuur van die V&A Waterfront het dié aankondiging Woensdag gedoen nadat “mariene oorskot” op ’n bouperseel naby die Kloktoring-kompleks gevind is.

Die Nr.1 Silo-projek, waar die vonds gekry is, sal 18000 m² beslaan en voorsiening maak vir kantore, 800 parkeerplekke, winkels en 30 luukse woonstelle. Dit word as ’n “groen gebou” ontwikkel en die plan is om dit teen middel 2013 klaar te hê.

Volgens Lynette Lambert, woordvoerder van die V&A Waterfront, is die konstruksiewerk aan die Nr.1 Silo-projek tydelik gestop.

Die ontdekking sal sorgvuldig deur ’n maritieme argeoloog bestudeer word.

“Die V&A Waterfront is ryk aan geskiedenis en dit is nie die eerste keer dat ons werklik boeiende ontdekkings maak wat deel van Kaapstad se erfenis is nie.

“Eers wanneer die argeoloog se verslag ontvang is, sal oor verdere stappe besluit word,” het Lambert gesê.

Die oorblyfsels lê op een gedeelte van die terrein wat Woensag afgesper is.

Volgens ’n studie wat dr. Bruno Werz, ’n argeoloog en historikus, gedoen het, het daar tussen 1610 en 2006 minstens 360 skepe in Tafelbaai gesink.

Die plekke waar die skepe gesink het, is min of meer bekend. Min ander inligting is egter beskikbaar.

Die getal bekende skeepswrakke net in Tafelbaai is 146.

Werz skryf in dié verslag die meeste van die skepe het weens natuurverskynsels gesink. Die sterk noordwestewinde in die winter het veral ’n groot rol gespeel. Baie skepe het tot op die strand gedryf, of tot waar die kuslyn destyds was.

* ’n Beperkte aantal mediaverteenwoordigers sal Donderdag op die terrein toegelaat word.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  skeepswrakke  |  argeologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.