Orangoetangs verken die iPad
2011-11-15 17:55
Milwaukee – Primate in Amerika is besig om die Apple iPad te ontdek en die orangoetangs Mahal en sy surrogaat-ma, M.J., van die Milwaukee-dieretuin, is mal oor hierdie toestelle.
Die dieretuin gebruik iPads vir aktiwiteite wat die diere verryk deur gebruik te maak van gratis programme soos vingerverf en musiek, sowel as video’s van ander diere by die dieretuin.
Werkers oorweeg dit ook om Skype te gebruik om orangoetangs in verskillende dieretuine met mekaar te verbind
M.J., wat in 2007 van Ohio gekom het, kan byvoorbeeld so kyk hoe gaan dit met haar ou vriende in Toledo.
Die gorillas was glo huiwerig om die nuwe toestel te gebruik, maar die nuuskierige orangoetangs was ‘n heel ander storie.
Mahal het heel eerste ‘n foto van homself op die iPad gesien. Hy het sy hande in die lug gegooi en begin klap.
Van die diere se gunsteling-programme is Virtuoso, Doodle Buddy, Koi Pond, Magic Piano, Fish Farm en Tap Drums. Mahal is veral gek oor laasgenoemde program.
– Lees meer by die CharlotteObserver.com
– Volg Nuus24 op Twitter