Orangoetang moet nou ophou rook
2011-09-13 08:45
Kuala Lumpur – ’n Maleisiese wildlewebeampte het gesê ’n orangoetang in aanhouding wat gereeld met ’n sigaretstompie in die bek gesien is, word nou gedwing om af te sien van dié gewoonte.
Die orangoetang, Shirley, is verlede week deur die owerhede weggeneem by ’n staatsbeheerde dieretuin.
Haar en ander diere se swak lewensomstandighede daar het tot dié stap gelei.
Shirley word in kwarantyn in ’n ander dieretuin in ’n naburige deelstaat aangehou.
Die direkteur van die Melaka-dieretuin, Ahmad Azhar Mohammed, het gesê sigarette word nou van haar weggehou omdat “rook nie normale gedrag vir orangoetangs is nie”.
– Die Burger
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP