Opstande, troue en Jobs laat wêreld gesels
2011-11-10 08:13
Los Angeles – “Arabiese lente” en “koninklike troue” is volgens ’n internasionale meningsopname 2011 se topfrases en die ontslape Apple-medestigter, Steve Jobs, die topnaam.
“Beset” – of dit nou Irak of Wall Street is – en “(begrotings)tekort” is die twee enkele woorde wat ’n jaar van onrus wêreldwyd weerspieël, het die Texas-gebaseerde Global Language Monitor gesê.
Verwysings na Jobs, wat in Oktober ná ’n lang stryd teen kanker oorlede is, het selfs die doodgemaakte Al-Kaïda-leier, Osama bin Laden, met 30% oortref.
“Arabiese lente” verwys na die reeks volksopstande vanjaar in die Arabiese wêreld, terwyl “koninklike troue” betrekking het op prins William en Kate Middleton se bruilof in April.
Die inligting is saamgestel met behulp van ’n rekenaar-algoritme wat die top-75 000 druk- en elektroniese media wêreldwyd asook die internet dopgehou het.
– Die Burger
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters