Op rommel se spoor
2009-09-13 22:58
Seattle – Waar eindig daardie koffiebeker, weggooi skeerlemmetjie of ou televisiestel op wanneer dit uitgegooi word?
MIT navorsers gebruik ‘n elektroniese opspoortoestel, omtrent so groot soos ‘n vuurhoutjieboksie, om ongeveer 3000 van Seattle se rommelstukke te merk sodat hulle mense aan die dink kan kry oor wat hulle weggooi en waar dit opeindig.
“As jy sien waarheen jou rommel gaan mag dit dalk jou gedrag verander,” het Assaf Biderman, die direkteur-vennoot van MIT se SENSEable City laboratorium en projekbestuurder, gesê.
“Sal jy ‘n weggooikoppie hergebruik, eerder as om ‘n leë een weg te gooi?”
Navorsers het die huise van honderde vrywilligers in Seattle besoek en elektroniese merkers aan tussen 10 en 15 van hulle huishoudelike rommel, soos pizza bokse, weggooi koppies en afval metaal, geheg.
Die vrywilliger sal soos normaalweg van die rommel ontslae raak.
Die merkers is afhanklik van selfoon tegnologie om inligting terug te stuur na MIT rekenaars, wat navorsers en die publiek toelaat om die beweging van die rommel te volg totdat dit die finale bestemming bereik.
Volgens Biderman laat die projek navorsers toe om in detail te ondersoek hoe effektief of oneffektief die rommel verwyderingsisteem werk.
- Sapa