Ontsnapsimuleerder ’n eerste vir Afrika

2011-10-10 08:59
Tweets Share Share line Print

Die Suid-Afrikaanse Vloot het sy nuwe simuleerder vir duikbote bekendgestel waar duikbootbemanning opleiding kry om uit duikbote te ontsnap. Die seeman Tyler Sadie (20) oefen in die tenk van 17,8 m diep. (Michael Hammond)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Vloot het ’n splinternuwe duikbootontsnap-simuleerder waarmee duikbootbemanning opgelei word om te ontsnap uit duikbote wat in die moeilikheid beland.

Dit is die eerste simuleerder in sy soort in Afrika en slegs die sewende in die wêreld.

Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het die bekendstelling van dié simuleerder Vrydag by die Simonstad-vlootbasis bygewoon.

Sowat 140 Suid-Afrikaanse duikbootbemanningslede sal jaarliks hier opleiding ontvang.

Die duikboot-simuleeder is geskoei op die Duitse en Sweedse duikboot-ontsnapsimuleerders.

Die tipe 209-duikboot wat in Suid-Afrika gebruik word, is in Duitsland ontwerp en gebou. Suid-Afrikaanse duikbootbemanning het hul opleiding in die ontsnapping uit duikbote in dié land gedoen voordat die vaartuie na Suid-Afrika gekom het.

Luidens ’n verklaring van die vloot werk die bemanning van ’n duikboot in een van die moeilikste omgewings op aarde. “As deel van die streng opleiding, moet elkeen leer om onderwater uit ’n duikboot te kan ontsnap.”

Makwetla het in sy toespraak gesê maritieme misdaad en seerowery maak inbreuk op vrede en die sekuriteit van die land.

“In dié konteks is tegnologiese gevorderde opleiding van deurslaggewende belang.

“Die talle ure wat in opleiding bestee word, verseker nie net hoë vlakke van selfvertroue nie, maar bied ook die nodige sielkundige gereedheidsvlak om in krisistye met die nodige spoed en ratsheid te reageer.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: tegnologie  |  weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.