Ontdekking van reuse panda gevier
2009-08-12 08:40
China – China beplan om die spore van die Franse sendeling wat die reuse panda aan die Weste bekend gestel het, terug te volg ter viering van die 140ste herdenking van dié wêreldwye deurbraak.
Die bestaan van die spesie het eers in 1869 aan die lig gekom nadat Pere Jean Pierre Armand David een beskryf het wat deur jagters in die Ya'an, Sichuan provinsie geskiet is.
Die gerugte het wêreldwye belangstelling in die swart en wit bere gewek.
“Panda-liefhebbers is welkom om die 350km staptog vanaf die hoofstad Sichuan tot by Ya'an aan te pak om in die spore van die katolieke-sendingswerker te loop en meer te leer oor die bedreigde spesie,” het ‘n Ya'an toerisme-amptenaar, Li Yamei aan die Xinhua Nuusagentskap gesê.
Die groep vertrek 15 Augustus en sal teen 25 Augustus by die panda-navorsingsentrum in Ya’an aankom.
Die fees begin 19 Augustus in Ya'an.
Daar is byna 1,590 pandas wat in en om die land woon.
Pere David het ook ‘n takbokspesie wat na hom vernoem is, ontdek.
- Sapa-AFP