Ongewone luiperdfoto’s gekiek

2010-06-24 12:55
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wes-Kaap – ’n Luiperd en haar welpie is die tweede keer met ’n sensorkamera gekiek sedert navorsing oor dié diere se gewoontes naby die Cederberg-wildernisgebied aan die gang is.

Die wyfie is danksy ’n kamera van die Kaapse Luiperdtrust bespeur, blyk uit ’n verklaring wat uitgereik is namens die Bushmanskloof-wildernis-reservaat, wat grens aan die Cederberg-wildernisgebied.

Quinton Martins van die trust het gesê dit wil voorkom of dié wyfie (sy heet F12) ’n ander een (F9, of Amber) se loopgebied ingeneem het. Hy het gesê dit is baie ongewoon om sulke foto’s van luiperdwyfies te neem.

Die oorlewingskoers van luiperdwelpies is laag, veral in die uiterste toestande in die Sederberge.

Luiperdwelpies word normaalweg gespeen as hulle ses of sewe maande oud is, maar bly soms by die wyfie tot hulle ouer as ’n jaar is, selfs tot 18 maande.

Die trust se navorsing behels onder meer die gebruik van kameras wat dié roofdiere (Panthera pardus) binne hul onderskeie loopgebiede afneem. Danksy dié foto’s word heelwat inligting oor hul bevolkingsdigtheid, gedragspatrone en verspreiding ontsluit, is vroeër berig. Dié navorsing is deel van ’n groter luiperdstudie. Navorsing hieroor is al geruime tyd in die Sederberge, die Gourits-korridor en Namakwaland onderweg.

In ’n volwasse mannetjie se loopgebied word normaalweg twee of drie wyfies aangetref.

Bushmanskloof skenk geruime tyd reeds geld aan die trust om luiperdnavorsing te bevorder. Sedert die Kaapse Luiperdtrust in 2005 gevestig is, het Bushmanskloof reeds tien satellietsenders (ter waarde van sowat R300 000) vir navorsingsdoeleindes geskenk.

Altesaam 14 luiperds is reeds met sulke senders toegerus, waarvan twee in die Bushmanskloof-wildernisgebied­reservaat is.

Amber is een van dié wat vroeër ’n satellietsender gekry het, het mnr. Jaco Fourie, hoofveldwagter, van die reservaat, by navraag aangedui.

Besoek www.capeleopard.org vir meer inl

- Die Burger

Lees meer oor: sci-tech  |  diere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.