Ongebore kalf, koeie, gekry ná vlaag diefstal

2010-07-28 09:18
Tweets Share Share line Print

Beeld

Die ongebore kalfie van ’n gesteelde koei in die Fochville-omgewing is vandeesweek nog in sy baarmoedersak naby Ennerdale, suid van Johannesburg, gevind.

Sy ma, wat steeds skoonveld is, is een van tien koeie wat verlede week van Sonnyboy Shabalala gesteel is.

Hy is een van talle boere in die Fochville-omgewing wat veral die laaste paar maande onder ’n vlaag van veediefstalle deurloop.

Volgens Shabalala, wat soos ander boere in die omgewing al derduisende rande se skade gely het, is twee van sy koeie en een kalf Sondag teruggevind.

Nog een is Vrydag gekry.

Die ander ses beeste wat verlede Donderdag van sy grond op Rietfontein naby Fochville gesteel is, is steeds skoonveld.

Mark Gietzmann, nog ’n boer in die Fochville-omgewing, het Shabalala Sondag gehelp om na sy gesteelde koeie te soek.

“Onder andere ’n jong beeswagtertjie en iemand wat gras in die omgewing gesny het, het ons gewys waar om te soek,” het Gietzmann vertel.

“Die volgende oomblik het ’n swart kalfie voor ons opgespring – ongedeerd.”

Gietzmann het gesê die kalfie se pote is by ’n vorige diefstal stukkend gekap, maar sy beserings was nie so ernstig dat hy van kant gemaak moes word nie.

Die veediewe jaag beeste tot naby hul huise, kap hul pote stukkend om te verhinder dat hulle wegloop en slag hulle later.

Nog twee van Shabalala se gesteelde beeste is ook Dinsdag in ’n erf in Finetown, ’n township naby Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.

“’n Man in die omgewing het ons daarvan gesê, maar was eers bang om ons na die erf te neem,” het Gietzmann vertel.

“Ons kon hom egter ompraat.”

Die beeste is ongedeerd daar gevind.

Kol. Johan Scott, bevelvoerder van die Gautengse diefstal­eenheid, het bevestig die twee beeste is Sondag op die perseel gevind.

Volgens hom het die eienaar van die perseel waar die beeste gevind is, gesê een van sy werkers het twee vreemde beeste in die veld naby die township sien wei.

“Hy het die beeste na sy erf gebring en is na die Ennerdale-polisiekantoor om te vra dat iemand wat navraag oor die beeste doen hom kontak.

“Ons het die inskrywing daaroor wel by die polisiekantoor gevind.”

Scott het weer gevra dat boere hul eiendom behoorlik beveilig en nie ongedokumenteerde werkers in diens neem nie.

- Beeld

Lees meer oor: diere  |  sci-tech  |  jag

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Louis sê... Nou weet ek hoekom my skip nie kom nie, dit is hy wat daar gevind is, sug.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.0 VVT-i PU MY09
2011
R 175,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2010
R 109,900.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2010
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.