Ondersese kabel op pad na SA

2010-02-12 15:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Oos-Afrikaanse ondersese telekommunikasiekabel (EASSy) sal na verwagting Saterdag by Mtunzini, aan die noordkus van KwaZulu-Natal aanland.

Telkom het Vrydag in ‘n verklaring gesê hulle is ’n vennoot van EASSy in Suid-Afrika.

Suid-Afrika is ook die gasheerland van een van die nege ondersese telekommunikasiekabels wat verskeie dele van die Sub-Sahara met die res van die wêreld sal verbind.

Die ander vennote is Soedan, Djiboeti, Somalië, Kenia, Tanzanië, Comoros, Madagaskar en Mosambiek.

Alphonzo Samuels, Telkom se besturende direkteur van groothandelaars het gesê EASSy was een van die elemente in Telkom se beleggingstrategie in telekommunikasiekabels.

EASSy is ’n 10 000km ondersese telekommunikasiekabelstelsel wat tans aan die ooskus van Afrika gebou word.

Onderlinge verbinding met verskeie ander ondersese internasionale kabelstelsels sal verkeer op EASSy in staat stel om met Europa, Noord- en Suid-Amerika, die Midde-Ooste en Asië te verbind en so Afrika se verbintenis met die globale telekommunikasie netwerk ophef.

Samuels het gesê EASSy sal na verwagting teen Augustus vir kommersiële dienste gereed wees.

Hy het bygevoeg dat ondersese kabels baie voordele in hou soos uitstekende kwaliteit van transmissie, hoë transmissiekapasiteit, baie minder vertragings as satelliet, laer eenheidskostes, geen elektromagnetiese steuring nie en dit bied hoë weerstand teen slegte weerstoestande.

"Aktiwiteite soos visvang , aardbewings en ankergooi kan moontlik vertragings meebring,” het hy gesê.

Verskeie stappe is egter geneem om die kabels se beskerming te verseker.

"Sommige kabels is onder die sand gelê waar moontlik, veral in vlakker dele; alle besige roetes waardeur swaer skepe deurbeweeg is uitgeskakel; veilige strande is gekies; strande wat later weens erosie kan verweer, is uitgeskakel; die kabels is met 'n lewenswaarde van ouer as 25 jaar ontwerp, ens."


-Sapa
 

Lees meer oor: telkom  |  kommunikasie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.