Onbeperkte internet ‘SA se goedkoopste nóg’
2011-07-19 12:10
Kaapstad – Die internet-diensverskaffer OpenWeb het ‘n onbeperkte internet-paket beskikbaar gestel wat hy as "Suid-Afrika se goedkoopste ooit" adverteer.
“OpenWeb.co.za het die koste van sy standaard onbeperkte ADSL-rekening tot R229 per maand gesny,” het ‘n verklaring van die diensverskaffer gelui. “Dit is Suid-Afrika se laagste prys ooit.”
OpenWeb het 100 van dié rekeninge voorlopig beskikbaar gestel en gesê voorraad is beperk.
“Ons laat die kompetisie met ons 1024k- onbeperkte rekening in die stof byt,” het Keoma Wright, die stigter van OpenWeb, gesê.
“Mededinging is ‘n wonderlike ding,” het Wright bygevoeg.
OpenWeb se webtuiste het meer inligting aangaande die aanbod.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA