Omstrede slimfoon-program 'kan sê of seun gay is'
2011-09-27 22:58
Kaapstad – ‘n Nuwe, omstrede slimfoon-program beweer dit kan die gebruiker met twintig eenvoudige vrae "finaal laat wéét of jou seun gay is of nie"., berig Huffington Post.
Die program “Is My Son Gay” het wyd kritiek
uitgelok sedert dit deur ‘n Franse maatskappy, Emmene Moi, bekendgestel is.
“Is jou seun gay? Ná dié toets sal jy die antwoord hê op ‘n
vraag wat moontlik lank reeds bestaan,” verklaar die program.
Vrae soos “hou hy van diva-sangeresse?” of “spandeer
hy baie tyd in die badkamer?” word deur die gebruiker met ‘n eenvoudige "ja" of "nee" beantwoord.
Hiervolgens kan gebruikers "finaal uitvind of
hul seun homoseksuele neigings het".
Op die internet was die reaksie op die
program baie negatief.
Volgens die tydskrif Instinct is die program gebaseer
op die “wetenskap van aanstootlike stereotipes”.
Die webwerf Jezebel het die program se “aaklige
stereotipiese vrae” betreur.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.